Ek boer sedert 1997 op Duim naby Frankfort met kommersiŽle Bonsmaras en vanaf September 2004 as ín geregistreerde stoetteler by SA Bonsmara onder die naam Seyffni Bonsmarastoet.

My ouers, Jac en Bessie, was sedert 1998 Bonsmarastoettelers.

My kudde is verteenwoordigend van my belegging in genetika oor ín wye area, insluitend van Gerhard Smit (GBS), Arthur de Villiers (AG,), Wesson van Rensburg (RCO), Burkhard Hermann (BHE), Chris Pieterse (CJJ), Hannes Fourie (JJF) en Gerhard Strydom (GJS).

Ons doelwit is om met die gebruik van sterk bewese bloedlyne, landswyd goed aangepaste en gebalanseerde diere aan die mark beskikbaar te stel.

Ons lÍ sterk klem op vrugbaarheid en ín gebalanseerde kombinasie van melk, groei en bespiering, asook goeie sekondÍre manlike eienskappe by ons bulle.

Oom Arthur de Villiers Senior se navorsing dat daar ín korrelasie is tussen sterk sekondÍre manlike eienskappe en goeie libido word deur ons onderskraag.

Ons is ook gedagtig aan Professor Jan Bonsma se mening dat die natuur nie ďuiterstesĒ duld nie!

Kontak:
seyffert@ssh.co.za

 

________________________________________________________________________________________________________________________________________

© 2013 - 2019  Frankfort Bonsmara Telersgroep   ē   Webblad Vrywaring